bell notificationshomepageloginedit profileclubsdmBox

Read Ebook: Op die delwerye by Hoogenhout P I Petrus Imker

More about this book

Font size:

Background color:

Text color:

Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page

Ebook has 426 lines and 25137 words, and 9 pages

,,Man wants but little here below, Nor wants that little long!"

,,My naam is Fanie Renier en ek is 'n teruggekeerde soldaat wat vir reg en geregtigheid onskadelik gemaak is," s? hy op 'n bitter toon, ,,en wat toe na die delwerye gestuur is met ?20 om hier te kom vrek!... Maar het jy al ge?et?"

,,Nee, ou broer, maar moenie moeite maak nie; kos is seker by jou nie alte volop nie."

Die weer het eindelik opgeklaar, en na 'n hartlike dankie aan my nuwe kennis wou ek op die moter klim.

,,Kyk hier," s? hy, terwyl hy my aan die arm vat, ,,kan julle dan niks doen vir die mense wat hier langs my woon nie? Die toestand van hierdie famielie is allerellendigs. Die vader suip soos 'n vis, die moeder is in die bed met 'n babetjie, die oudste dogtertjie l? siek, en die ander kinders word totaal verwaarloos. Ek glo nie daar is 'n stukkie kos in daardie huisie te kry nie. So ver ek kon het ek gehelp, maar op die oomblik is ek self poot-uit. Kan jy nie nog 'n oomblikkie spaar om saam met my te gaan kyk nie?"

Om die waarheid te s?, het ek maar min lus daarvoor gevoel, maar meer om my gasheer tevrede te stel as om enige ander rede het ek ingewillig.

Die famielie het maar 'n paar tree van Fanie se huisie gewoon, en ons was dus gou by ons bestemming. Nou het ek al gewoon geword om enige pondokkie op 'n delwery as geskik vir menslike verblyf te beskou, maar so 'n krot as waar ons nou voor staan, het ek nog nooit gesien nie. Hoe enige persoon in so iets kan lewe, is vir my nou nog 'n raaisel! Die hutjie het bestaan uit 'n klompie oopgevlekte parafienblikke wat op een of ander manier aan mekaar getimmer was, met seilsakke hier en daar tussenin om as vensters te dien.

Ons kruip hande-viervoet in, en ons o? moes eers gewoon word aan die half-duister voor ons iets binne kon onderskei.

,,Ruk daardie sak solank af asseblief," s? ek aan Fanie, ,,sodat 'n mens kan sien en asem kan skep."

Hy doen dit op my versoek, en toe ontvou hom daar 'n toneel aan ons o?, so hartverskeurend soos ek nog nooit van te vore gesien het nie of hoop om ooit weer getuie van te wees nie.

In die een hoek op 'n klomp sakke wat oor dro? gras gesprei is, l? die moeder met haar babetjie, en onder by die voetenent op 'n paar sakke die siek dogtertjie, wat niemand anders as Annie Losper was nie. My nuwe kennis en ek kon ons met moeite omdraai in die kamertjie.

,,Die dokter was vanm?re hier," fluister Renier in my oor, ,,en hy s? daar is nie hoop vir Annie nie. Haar liggaampie is deur gedurige ondervoeding te uitgeput om die siekte af te skud."

Dis my later meegedeel dat Renier ses maande na hierdie voorval nog altyd doktersrekening afbetaal het.

,,Dag, Annie," groet ek so opgewek as ek kon onder die treurige omstandighede, ,,en hoe gaan dit met jou, my kind?"

,,Nie alte sleg nie, Meneer, maar ek was tog so spyt dat ek nie vandag op skool kon wees nie," antwoord sy met 'n flou glimlaggie, en haar stemmetjie was so swak dat ek haar amper nie kon verstaan nie.

,,Ag, moenie vir jou kwel nie, my kind; jy sal tog in ieder geval oorgeplaas word na 'n ho?r standerd. Hou maar vir jou stil sodat jy gou kan gesond word. Aanstaande jaar hoop ek seker om jou weer eerste in jou klas te sien staan."

'n Hemelse glimlaggie speel om die bleek ou mondjie. Sy skud haar koppie en nouliks hoorbaar fluister sy: ,,Aanstaande jaar sal ek nie meer op skool wees nie."

,,Ag nee wat, Annie, jy is nog glad te jonk om uit die skool te gaan," en ek maak asof ek haar nie reg begryp het nie, ,,en die onderwyseres sal dit mos nooit toelaat nie. Maar moenie meer praat nie; dit maak jou alte moeg. Probeer liewer om 'n bietjie te rus."

Ek moes nou my oor vlak teen haar mondjie hou om te hoor wat sy s?. Gelukkig het Renier die moeder besig gehou en sy het dus nie gemerk wat hier by haar plaasvind nie.

,,Meneer," en sy kyk my stip in die o?, ,,sal Meneer nie asseblief vir my saggies Psalm 23 ops? nie? Ek het dit laas nog by die inspeksie vir Meneer opges?."

Die handjies het ek eerbiedig op die borsie gekruis, 'n sagte soentjie op die voorkoppie gedruk, en toe letterlik die pondokkie uitgevlug. My gemoed was te vol; ek kon die droefheid en hartseer ook nie aansien nie.

Uit die tent kom die angsgeskrei van 'n gebroke moederhart: ,,O, my God! My kind! My kind!"

Buite het ek vir Renier gewag. Aan sy gesig kon ek sien dat ook hy ontroerd was. Daar is geen woord tussen ons gewissel nie, net 'n warm handdruk wedersyds, en toe het ek op die moter geklim en huis-toe gery.

HENDRIK BLITS.

Wat Hendrik Blits se regte naam was, kon niemand van die delwers my vertel nie. Hierdie bynaam het hy verwerf, eerstens omdat hy hom gereeld elke naweek dronk gedrink het aan kafferblits, en twedens omdat sy taal dan by sulke geleenthede so sterk gekleur was.

My kennismaking met Hendrik was nogal baie buitengewoon. Op 'n koue m?re in Julie het ek my op Diamantkuil bevind, waar ek in gesprek was met die hoof van die Goewerment-skool, toe hy die opmerking maak: ,,Allew?reld, hoe mishandel so 'n Groot Lawaai weer vanoggend die stomme donkies!"

Groot Lawaai was die naam van 'n groot, vierkantige lummel van 'n vent. Hy was 'n baster en 'n boelie so groot as wat daar te vinde is. Om sy grootte en krag het die delwers hom met respek behandel en verder maar so veel moontlik uit sy pad gebly. Ek kyk in die rigting waar die hoof wys, en daar sien ek 'n waterwa met veertien donkies bespan, krakend en waggelend die spruit se wal uitkom. Dit was duidelik dat die donkies so skaars-skaars die wa kon uitbring. En g'n wonder nie! Gras was daar op die hele delwery nie genoeg vir 'n paar honderd sprinkane nie, laat staan 'n paar honderd diere. En op hierdie veld moet die arme donkies nou snags hulle pense volvreet, na 'n dag van swaar trek en mishandeling.

'n Diamantkoper wat ook vroe?r gedelf het, het eendag die onderstaande opmerking in my teenwoordigheid gemaak: ,,Twee dinge dank ek die liewe Vader dat ek nie is nie: 'n delwer se donkie en 'n delwer se vrou!" Sedert di? tyd het ek eersgenoemde bewering ongelukkig al oor en oor gestaaf gesien.

,,Maar is hier dan niemand op Diamantkuil om 'n stop aan sulke wreedheid te sit nie?" vra ek, en ek voel hoe die bloed na my kop toe bruis.

,,Nee," s? die hoof, ,,almal is bang vir Groot Lawaai, want hy is 'n vreeslike woestaard."

Ek het my al klaar voorgeneem om met die vent te gaan praat en, as dit nie help nie, die poliesie van die mishandeling van die esels te gaan verwittig, toe daar skielik uit 'n onverwagte oord 'n ander vir die donkies in die bres spring.

,,O magtig!" roep die hoof verbaasd uit, ,,wat gaan Hendrik Blits nou maak? Groot Lawaai sal hom vermorsel. Laat ons nader stap om, indien moontlik, die rusie te voorkom."

Ek het nooit die persoon opgemerk wat g'n vyftig tree van ons af onder 'n doringboom gel? en slaap het nie, voordat die opmerking van die onderwyser nie my aandag by hom bepaal het nie. Ewe op sy gemak staan Hendrik Blits op, rek hom uit, gooi sy flenterbaadjie van hom af en stap reguit na Groot Lawaai toe.

,,Kyk hier, jou gemene boelie, as jy nog 'n slag jou arm oplig om die donkies te slaan, dan dons ek vir jou op. Het jy my begryp, jou vervloekte baster?"

Die Groot Lawaai se gesig was die moeite werd om te sien. Dis amper ongelooflik dat 'n mens se gelaatstrekke so kan verander. Die duiwel, soos hy my in my kinderjare op sy lelikste afgeskilder is, sou vir hierdie bakkies geskrik het.

,,Jou verd...de kind!" brul Groot Lawaai woedend, ,,sal jy vir my kom belet om my eie diere vrek te slaan as ek wil? Jakob! Jou d..der!" en met hierdie vloek slaan hy die hotagter donkie oor die kop netso hard as hy kan. Toe draai hy na Hendrik Blits en s? smalend: ,,En nou gaan ek van jou frikkadel maak, jou vieslike dronklap."

'n Man wat baie woedend is, kan nie goed boks nie. Groot Lawaai was seker tweemaal so sterk as Hendrik Blits, maar waar laasgenoemde kortgeskiet het in krag, het sy ratheid en kennis van boks hierdie tekortkoming meer as vergoed.

Hy duik onder Groot Lawaai se arm deur, en voordat die baster sy ewewig kan herwin, kry hy 'n opstopper op sy kinnebak wat hom soos 'n besopene laat waggel. Arrie! maar dit het die boelie darem nie verwag nie. Hierdie veragtelike skepsel wat hy tot stof sou vermorsel, het hom so wrintig-waar amper onderstebo geslaan. Hy sal nou sy taktiek verander en versigtiger te werk gaan. Soos 'n mierkat om 'n slang begin Groot Lawaai al om Hendrik Blits te dans, totdat hy skielik buk en die handsambok gryp en voordat Hendrik kan keer, hom 'n hou oer sy gesig gee dat die bloed so tussen vel en vleis wys.

,,Eina! maar dis gemeen!" skree die onderwyser, en hy tel 'n klip op wat goed 'n paar pond weeg. ,,Ek voel by my kool lus om die vloek se kop hiermee te verbrysel!" en hy hef die steen dreigend omhoog.

,,Wag maar," s? ek, ,,Hendrik is mans genoeg vir hom; dis nie die eerste keer wat hy boks nie. Ek wonder waar hy die kuns aangeleer het?"

Onge?rg tel hy die sambok op en wag tot Groot Lawaai bykom.

,,Kyk hier, jou gemene baster, nou gaan jy eers die pak slae kry wat jy al lank verdien het. Ek wil h? jy moet 'n slaggie voel hoedat jou eie sambok slaan. Miskien sal jy dit dan in die vervolg 'n bietjie minder op die donkies gebruik." En met hierdie woorde steek Hendrik los. Die eerste en die twede hou het Groot Lawaai nog verdra, maar toe spring hy weg en loop netso hard as hy kan al om die wa en die donkies, en kort op sy hakke is Hendrik, wat al die tyd onbarmhartig daar op los slaan.

Eindelik kan die boelie nie meer hardloop nie. ,,Asseblief, Meneer," soebat hy, ,,sowaar, Meneer, ek sal die donkies nooit weer mishandel nie! Moenie meer vir my slaan nie! Ag, asseblief tog, my baas!"

,,D?, vat jou sambok," s? Hendrik, en in elke woord was veragting te lees, ,,maar die Here help vir jou as jy weer die donkies mishandel." En sonder 'n verder woord stap hy na die boom toe, trek sy baadjie aan, stryk sy hand oor die striem op sy gesig en strek hom so lank as hy is op sy rug onder die doringboom uit.

,,Daardie k?rel se hand wil ek vat, al is hy ook 'n dronklap," voeg ek die hoof toe. ,,Daar steek meer in hom as in ons twee saam!"

En so het ek kennis gemaak met Hendrik Blits.

Ds. Evertse kom op die Toneel.

Sy koms daar is met gemengde gewaarwordinge deur die delwersbevolking begroet. 'n Klein klompie was waaragtig bly, 'n groot klomp was heeltemal onverskillig, en 'n hele paar was openlik boos.

Die delwersgemeenskap is uit die aard van die saak kosmopolieties. 'n Mens tref daar aan: Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere, Engelse en Duitsers en wat dies meer sy, maar verreweg die meeste bestaan uit Afrikaners van alle rang en stand. Daar is diegenes wat altyd arm was en arm sal doodgaan, en daar is ander wat eers ryk bedeeld was met aardse goedere en deur hulle eie toedoen of deur teenspoed alles verloor het.

Die dominee het egter nie gras onder sy voete laat groei nie, en die delwers, wat baie fyn is om iemand gou na waarde te leer skat, het hom spoedig liefgekry. Hy was regtig soos een van hulle; nie uit die hoogte het hy hulle genader nie, maar as iemand wat gered is om te dien. Niemand word oorgeslaan nie, tot in die vuilste pondokkie kruip hy in, nie om te preek en te bestraf nie, maar om 'n woordjie van bemoediging en 'n boodskap van hoop te bring.

In die aand word 'n kort diens gehou. 'n Lantern word aan 'n paal gebind en omhoog gehou as teken dat die dominee op daardie plek sou preek. Die eerste week het nog geen dosyn delwers opgedaag nie, dog die gehoor het altyd meer en meer aangegroei. Die woord het van mond tot mond gegaan dat ds. Evertse dit wel met die delwers meen.

Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page

 

Back to top