bell notificationshomepageloginedit profileclubsdmBox

Read Ebook: Op die delwerye by Hoogenhout P I Petrus Imker

More about this book

Font size:

Background color:

Text color:

Add to tbrJar First Page Next Page

Ebook has 426 lines and 25137 words, and 9 pages

Release date: November 13, 2023

Original publication: Cape Town: Maskew Miller, 1925

OP DIE DELWERYE

VYF SKETSE UIT DIE LEWE

OP DIE DELWERYE

VYF SKETSE UIT DIE LEWE

DEUR IMKER HOOGENHOUT

MASKEW MILLER BEPERK KAAPSTAD

VOORWOORD.

Die Delwerye! wat roep dit voor ons oog?

Dis wat die meeste mense, met g'n bekendheid daarvan, dink.

Die Delwerye! daar l? skatte begrawe--en die mense stroom van al die dele van Suid-Afrika daarheen in die mening dat di? skatte hulle uit hulle armoede sal red en hulle ellende sal laat ophou, dog teleurstelling wag die meeste, en teleurstelling bring bitterheid van gevoel teen die samelewing, teen die Kerk en soms teen God.

Die Delwerye! daar l? skatte begrawe,--skatte van menselewens, van mensekrag, van mensemateriaal. Skatte vir die Staat, vir die Kerk, vir die Letterkunde. Die Staat moet rekening hou met die Delwerye, want tevergeefs sal ons die Russiese Bolsjewisme buite ons grense probeer hou, terwyl ons die gees van daardie kwaad kweek in ons eie midde. Die Kerk moet planne beraam om die Troos en Krag wat die Evangelie alleen kan gee, meer gereeld en gedurig te bring aan di? wat anders hulle troos sal soek in w?reldse middels: brandewyn en ydel vermake. Die skrywers kan gerus hulle aandag wy aan die opeengehoopte mensemateriaal wat skatte inhou wat ons opbloeiende letterkunde tot groter heerlikheid sal bring.

Die Skrywer van die ,,Delwerysketse" doen baanbrekerswerk--prospekteerwerk. Hier en daar, soos sy opvoedkundige werk hom toegelaat het en in aanraking met die delwersgemeenskap gebring het, het hy gate gemaak en orals het hy bewyse gekry van diamanthoudende grond. Hy het gesien watter skatte daar verborge l? en het gedronge gevoel om dit aan die w?reld van Staat en Kerk en Letterkunde bekend te stel. Vir di? ontdekking sal ons hom altyd dankbaar bly, en ons sal altyd sy ,,Ontdekkersregte" in ag neem en respekteer.

Delwerswerk is op die oog morsig--in die stowwerige aarde en in die morsige klei moet gegrawe word. Hope waardelose ,,rof" word deur die ,,bebe" afgeskud voor 'n mens met die wassery kan begin. Die wassery is 'n eentonige besigheid, en dis tog 'n kuns--nie te vinnig nie, ook nie te stadig moet die masjien draai nie, en die ,,porrel" moet steeds dieselfde dikte hou. Jou klere en gesig word meesal vuil bespat en gee vir die meeste 'n afkeer van die werk. Al die kante van die delwerswerk word deur die Skrywer getoon: die ,,rof"--die vloeker en drinker; die ,,porrel"--die mengelmoes-gemeenskap wat deur die lewensmasjien deurmekaar gedraai word, 'n ondeursigtige moddermassa; die sif, waarmee die ,,gravitating" geskied en die egte diamant sy karakter bewys deur bo te l? as die sif omgekeer word. Die egte diamant word maar hier en daar gekry; 'n geoefende oog is nodig om, as die sif omgekeer word, uit die miljoene blink klippies die ware diamant te sien, maar as die edelgesteente in ons hand l? en ons bewonder sy skoonheid, dan vergeet ons die harde werk, die vuil klere en al die waardelose weggekrapte ,,was" in ons blydskap oor die skat wat ons uitgehaal het.

In die hoop dat dit die Skrywer mag geluk om deur sy sketse by ons Volk op te wek 'n groter belangstelling in en groter liefde vir die skatte wat begrawe l? in die delwerye, beveel ons die lesing daarvan van harte aan by almal wat Suid-Afrika en sy Volk liefhet.

E. J. J. van der HORST.

Wolmaransstad, 26 Februarie 1925.

ANNIE LOSPER.

Maar wat die werk van die onderwyser nog die meeste bemoeilik, is die ondervoeding waaraan so baie delwerskinders ly. As 'n mens die bleek gesiggies en die maer beentjies sien, dan bloei jou hart vir hulle, en in die winter gaan dit eers swaar. Ek het meisies gesien wat net 'n dun linnerokkie aan het sonder enige onderklere, en seuns wat byna nakend loop. En op die kaal vlaktes waar die delwerye meesal gevind word, kan dit raak koud word.

Toe, leer nou kinders wat so sonder tug opgroei en daarby nog gedurig honger ly. En tog verseker die goeie onderwyser my dat die delwerskinders gou aan tug en gesag gewend word. 'n Paar meesters beweer selfs dat hulle liewer hierdie natuurkinders van meet af aan in hulle klas wil h? as hulle meer-bevoorregte boeties en sussies. Hoe dit ook al sy, ek het baie respek vir die onderwyser wat 'n sukses van sy werk in die delwerskool maak en daar aanbly, en nie die eerste die beste geleentheid te baat neem om daarvandaan te vlug nie.

Dis opmerklik hoe gou die delwer die goeie meester van sy swakker kollega onderskei en dan vir laasgenoemde die lewe op die delwery onmoontlik maak.

,,Waarom stuur julle hierdie nuwe onderwyser nie liewers terug normaalskool-toe nie?" vra 'n delwer eendag aan my.

,,En wat is daar dan verkeerd met hom?"

Die skoolgebou op Syferlaagte was skaars geskik vir 'n koeistal; ja ek twyfel of 'n ryk boer sou bereid gewees het om sy volbloed vee daarin te huisves, en in so 'n lokaal moes ondervoede en onderklede kinders aldag vyf uur deurbring. Oorspronklik was die gebou bedoel gewees vir 'n koeliewinkel, waar so min lig en lug as moontlik vereis word, want dit is nie in die belang van die verkoper dat sy kli?nt alte goed die ware wat hy koop, moet kan besigtig nie. Die hele gebou het twee klein venstertjies en 'n deur gehad. Die sinkmure was van binne nie met hout uitgevoer nie; daar was geen plafon nie, en die vloer was van grond.

In die hartjie van die somer het die sink so warm geword dat 'n mens dit nie met jou kaal hand kon aanraak nie; voeg nou daarby nog die asempies van 62 leerlinge wat almal in die een lokaal ingeprop is, en dan sal jy 'n flou denkbeeld kry van hoe die lug so teen twaalfuur in die skoolgebou moet wees.

Buite kry 'n mens net die uitgegrawe kleims en die hope dooie grond en gruis. 'n Boom is 'n onbekende iets. Maar stof, as die wind waai, hang soos 'n bruin sluier oor die delwerye en verpes die atmosfeer in die skool nog meer. En, leser, hierdie beskrywing is nie uit die duim gesuie nie; dis getrou aan die waarheid.

Onder sulke omstandighede moet die onderwyseres onderrig gee en moet die kinders opgevoed word!

En die outoriteite is nie altoos te blameer nie, want 'n delwery is iets wat dikwels in 'n dag se tyd ontstaan en soms binne 'n jaar se tyd verlate is. Inteendeel, dis prysenswaardig dat daar tog 'n poging aangewend word om onderwys te verskaf aan die honderde kindertjies wat anders vir kwaadgeld sou rondloop.

,,Toe, begin maar," s? ek aan die onderwyseres by die aanvang van die skool, ,,en gaan voort net soos gewoonlik."

Sy open met gebed en laat toe sing: ,,Heer, waar dan heen" en wat daar op volg, wat my nogal as heeltemal treffend voorgekom het. Ja, ek weet nie van nog 'n gesang wat so toepaslik is vir die delwerye nie.

Daarna het sy die sondvloed met die leerlinge behandel; en al het sy dit nou nie juis altyd streng ortodoks gedoen nie, tog het sy meesterlik daarin geslaag om dit interessant voor te dra en die kinders se aandag te boei.

Na afloop van die les s? sy: ,,Nou, kinders, kan julle vrae stel oor enigiets wat julle nie duidelik is nie."

,,Ek dink seker, Kosie," antwoord die onderwyseres.

,,Maar hoor dis jammer dat die ding nie vergaan het nie," weer van Kosie.

,,Maar, Kosie, dan sou die mense en die diere ook mos saam verongeluk het, en dan sou geeneen van ons mos vandag hier gewees het nie," herneem Juffrou.

,,Ja, dis ook weer waar," s? Kosie. Dog op sy gesiggie is 'n onverskillige uitdrukking duidelik leesbaar, en dis nie moeilik om te ontsyfer wat in sy breintjie omgaan nie: As die mens moes gespaar gebly het om sy lewe op die delwerye te slyt, dan was die redding van Noag en sy kroos 'n groot fout.

,,Juffrou," en vlak voor haar word 'n handjie omhoog gehou van 'n meisietjie met groot blou kykers en 'n maer gesiggie wat van ondervoeding getuig, ,,Juffrou, glo Juffrou alles wat in die Bybel staan?"

,,Hoekom vra jy dit, Miemie?" s? die onderwyseres sonder om haarself te kompromiteer.

,,Omdat my pa s? dis somar alles kaf, maar Mammie s? weer dis alles die heilige waarheid. En al glo ek vir my mammie, want sy is so goed, tog wil ek graag weet wat Juffrou dink."

,,Ek stem saam met jou mammie," bevestig Juffrou.

Hier val ek in: ,,Waar is jou ouer sustertjie, Miemie?"

,,Sy is siek, Meneer, baie siek. Sy laat groete weet en sal tog so bly wees as Meneer net vir haar 'n oomblikkie wil kom besoek voordat Meneer wegry. Sy het so vorentoe gekyk na die inspeksie, maar nou..." en hier swem klein Miemie se o? in die trane.

,,Nou goed. S? vir Annie ek kom haar vanmiddag besoek en sy moet gou gesond word."

Dis snaaks dat ek vir Annie Losper so goed onthou het. Ek kon sedert my vorige besoek nooit haar gesiggie uit my geheue verban nie. Uit 'n allerarmoedigste huisgesin, het tog haar o? en die soet uitdrukking van die gesiggie somar dadelik 'n mens getref. In haar klas was sy maklik nommer een in elke opsig, en die onderwyseres, iemand van lang ervaring, het my verseker dat sy nog nooit van te vore so 'n kind in haar klas gehad het nie. Haar opmerking verlede jaar was dan ook snaaks genoeg: ,,Ek glo nie sy is vir hierdie w?reld nie!"

Eindelik was die inspeksie afgeloop en kon die skool vir die dag sluit. Die werk was baie bevredigend, en die juffrou en die kinders het 'n pluimpie gekry.

Nou wag daar nog 'n paar lede van die Skoolkommissie; maar ook hulle moeilikhede is ten laaste opgelos, en nou was ek net haastig om weg te kom.

Onder al die werksaamhede van die dag het ek Annie glad vergeet.

Die delwer het heelwat goeie hoedanighede, en as 'n mens geleer het om sy minder beskaafde karaktertrekke nie raak te sien nie, dan begin jy hom werklik liefkry.

Dit was al na drie toe ek kon vertrek, en ek het nog nie eers die tyd kon vind om te eet nie. Ek het my derhalwe gehaas om by die huis te kom. Voordat ek egter die delwery uit was, bars daar 'n vreeslike onweer los wat my verplig om in die eerste die beste huisie skuiling te soek. My gasheer was 'n man van sowat dertig somers en ongetroud. Aan alles in die hutjie kon 'n mens merk dat hy beter dae geken het. Sy opmerking by my binnekoms was dan ook vreemd genoeg: ,,Jy het seker gedink toe jy by my deur instap:

,,Man wants but little here below, Nor wants that little long!"

Add to tbrJar First Page Next Page

 

Back to top